Speelkaart

Kaarte met 'n Franse patroon.
'n Stel klokke uit 'n Beierse pak.

Speelkaarte is tipies stukke dikkerige papier wat met dun plastiek oorgetrek is en kenmerkende motiewe het. Hulle word meestal gebruik vir kaartspeletjies, maar word ook soms gebruik in kaarttruuks, toekomsvoorspelling[1][2] en die bou van kaarthuise. Kaarte word ook soms versamel.[3] Speelkaarte is gewoonlik van palmgrootte vir maklike hantering en word meestal verkoop in 'n pak kaarte.

Die algemeenste soort kaarte in die Weste is dié met 'n Franse (of Engelse) patroon wat in standaardpakke van 52 verkoop word en jokers kan insluit, gevolg deur die Belgies-Genuese patroon.[4] Baie lande gebruik egter ander, tradisionele soorte kaarte, insluitende dié met 'n Duitse, Italiaanse, Spaanse en Switserse patroon. Die agterkant van die kaarte het gewoonlik 'n ingewikkelde patroon wat dit moeilik maak om onderstebo kaarte uit te ken aan krap- of ander merke.

Speelkaarte is beskikbaar in 'n verskeidenheid style, want hulle kan vervaardig word vir kompetisies, casino's[5] of kulkunstenaars,[6][7] en as promosieartikels[8] en soeweniers.[9] Pakke kaarte of selfs enkele kaarte kan versamel word as 'n stokperdjie of vir hulle geldwaarde.[10][11]

In die meeste kaartspeletjies word die kaarte deurmekaar gemaak deur 'n proses wat skommel genoem word. 'n Aantal kaarte word dan aan elke speler gedeel waarna elke speler na die gesig van sy kaarte sal kyk en die ander spelers slegs die agterkant van die ander spelers se kaarte kan sien.

Die wyse hoe die kaarte in elke kaartspeletjie gebruik word, word bepaal deur die reëls van elke kaartspel.

  1. Pang, Kevin (21 April 2015). "72 Hours Inside the Eye-Popping World of Cardistry". Vanity Fair. Besoek op 29 Julie 2019.[dooie skakel]
  2. Cepeda, Esther (26 Julie 2019). "Cardistry transforms deck of cards into performance art". Post Independent. Besoek op 28 Julie 2019.
  3. Hochman, Gene; Dawson, Tom; Dawson, Judy (2000). The Hochman Encyclopedia of American Playing Cards. Stamford, CT: U.S. Games Systems. ISBN 1572812974. OCLC 44732377.
  4. Pattern Sheet 80 at i-p-c-s.org. Besoek op 23 Augustus 2020.
  5. Kaplan, Michael (29 Junie 2016). "How 'Advantage Players' Game the Casinos". The New York Times. Besoek op 6 Augustus 2019.
  6. Wong, Alex (4 April 2019). "How young magicians are learning to cast a spell on a modern audience". National Post. Besoek op 29 Julie 2019.
  7. Mallonee, Laura (9 November 2018). "The Secret Tools Magicians Use to Fool You". Wired. Besoek op 6 Augustus 2019.
  8. Hegel, Theresa (10 Januarie 2018). "Smart Promotional Items at CES". Advertising Specialty Institute. Besoek op 29 Julie 2019.
  9. Sawyer, Miranda (2 Junie 2019). "'The public has a right to art': the radical joy of Keith Haring". The Guardian. Besoek op 29 Julie 2019.
  10. Seideman, David (18 Januarie 2019). "Trading Cards Continue To Trounce The S&P 500 As Alternative Investments". Forbes. Besoek op 6 Augustus 2019.
  11. Sullivan, Paul (23 Maart 2018). "Trading Cards: A Hobby That Became a Multimillion-Dollar Investment". The New York Times. Besoek op 6 Augustus 2019.

Developed by StudentB